• Sny die piesangs skil en al in die lengte in die helfte. Die skil help die piesangs hul vorm behou wanneer dit gebraai word.
  • Smelt die botter in ’n groot kleefvrye pan. Sprinkel die suiker in die pan en pak die piesangs, met die vleiskant na onder, in die pan.
  • Braai tot die piesangs goudbruin en gekaramelliseer is aan die onderkant.

VIR VOORSIT

Verdeel die piesangs tussen 4 bordjies. Skep ’n bol roomys op elkeen en besprinkel met die karamellekkers.

Drup die sjokoladesous oor en sit voor.