Genoeg vir 4

Bereiding: 10 minute

Baktyd: 30 minute

3 eiers

1 eiergeel

5 ml (1 t) vanieljegeursel

500 ml (2 k) room

60 ml (¼ k) strooisuiker

kaneel om oor te strooi

1    Voorverhit die oond tot 180 °C.

2    Klop die eiers, eiergeel en vanieljegeursel saam.

3    Verhit die room en suiker in ’n kastrol oor matige hitte, roer tot die suiker opgelos is en maak seker dat dit nie oorkook nie.

4    Voeg ’n lepel warm room by die eiers en roer, hou aan om dit lepelsgewys by te voeg tot dit goed gemeng is. Skink in vier individuele oondvaste skottels.

5    Plaas oor in ’n oondpan, vul die pan tot in die helfte met warm water en bak 30 minute. Sit warm of koud voor.

- Hope Malau