GENOEG VIR 12 MENSE

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

POEDING

625 ml (2½ k) koekmeel

5 ml (1 t) bakpoeier

5 ml (1 t) koeksoda

knippie sout

7 ml (1½ t) fyn kaneel

5 ml (1 t) fyn gemmer

80 g ongesoute botter, versag

500 ml (2 k) bruinsuiker

2 eiers

500 g pampoen, gaar

1 blik (410 g) ingedampte melk

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

KARAMELSOUS

250 ml (1 k) suiker

375 ml (1½ k) dik room

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Smeer ’n diep bakpan.

  1. POEDING Meng die meel, bakpoeier, koeksoda, sout, kaneel en gemmer in ’n bak.
  2. Klits die botter en suiker in ’n bak tot lig en donsig.
  3. Voeg die eiers, pampoen, ingedampte melk en vanielje by en meng.
  4. Voeg die droë bestanddele by en vou in tot gemeng. Giet die mengsel in die gesmeerde pan en bak 20 minute. Laat op ’n draadrak afkoel en sny in blokke.
  5. KARAMELSOUS Versprei die suiker egalig in ’n groot kastrol oor lae hitte. Roer die suiker na die middel toe wanneer dit aan die kante begin smelt tot alles gesmelt het.
  6. Klits die room by wanneer die suiker begin bruin word. Laat die mengsel 5 minute borrel of tot dit dik is.
  7. Sit die poeding saam met die karamelsous voor.