Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10-15 minute

Gaarmaaktyd: 25-30 minute

1 blik (400 g) appels, gedreineer, of 4-5 vars appels, in kwarte gesny

250 ml (1 k) koekmeel

’n knippie sout

250 ml (1 k) suiker

4 ekstragroot eiers

250 ml (1 k) karringmelk

20 ml (4 t) vars suurlemoensap

fyn gerasperde suurlemoenskil

roomys of styfgeklitste room om mee voor te sit

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C en rangskik die appelstukke in ’n middelslag-oondpan.
  2. Sif die meel en sout saam in ’n mengbak. Klits die suiker en eiers saam tot lig en romerig en voeg die karringmelk en suurlemoensap by.
  3. Klits die meelmengsel hierby in en giet die beslag oor die appels. Bak 25-30 minute of tot gaar. Garneer met die suurlemoenskil en sit voor met roomys of styfgeklitste room