Genoeg vir 2-4 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 20 min.

3 eiers

180 ml (? k) melk

5 ml (1 t) strooisuiker

sout

30 g botter

8 snye witbrood

100 g melksjokolade, fyn gekap

versiersuiker, vir bestuif

1. Klits die eiers, melk, strooisuiker en ’n knippie sout saam in ’n groot bak tot goed gemeng.

2. Verhit die helfte van die botter in ’n groot, kleefwerende pan oor matige hitte. Week twee snye brood in die eiermengsel en sit dit in die pan. Bestrooi elke sny met ’n kwart van die sjokolade. Week nog 2 snye brood in die eier en plaas dit op die sjokolade. Druk saggies af. Kook 3 min. weerskante tot goudkleurig.

3. Herhaal met die oorblywende bestanddele. Sny, bestuif met die versiersuiker en sit voor.