Hierdie resep is maklik en jy kan dit binne 15 minute doen. LEWER 4 TERTJIES

  • Bereiding: 7-8 minute
  • Gaarmaaktyd: 8-10 minute
  • 3 velle filodeeg, elk met gesmelte botter gesmeer
VULSEL
  • 100 g donkersjokolade, in stukke
  • gebreek
  • 100 g botter
  • 6 eiergele
  • 60 ml (¼ k) strooisuiker
  • 80 ml (1/3 k) koekmeel
  • strooisuiker vir oorsprinkel
Voorverhit die oond tot 180 °C. Verf vier holtes van groot muffinpanne met botter.
  1. Plaas die deegvelle op mekaar en sny dit in 4 blokke. Druk in die muffinholtes.
  2. Vulsel Sit die sjokolade en botter saam in die mikrogolf tot gesmelt, sowat 1-2 minute. Roer.
  3. Klits die eiergele en die strooisuiker saam tot lig. Roer die koekmeel by en roer die gesmelte sjokolade in.
  4. Vul die deegbakkies halfvol, vou die ente toe en druk bymekaar. Borsel met nog gesmelte botter, besprinkel met die strooisuiker en bak sowat 8-10 minute tot die deeg gaar en goudbruin is.

Sit louwarm voor met die sjokolade wat nog uit die tertjies loop