LEWER 1,5 LITER ROOMYS

Bereiding: 15-20 minute

Vriestyd: oornag

ROOMYS

500 ml (2 k) room

200 g donkersjokolade

30 ml (2 e) kakao

1 blik (385 g) kondensmelk

10 ml (2 t) vanieljegeursel

  1. Verhit helfte van die room tot net onder kookpunt.
  2. Verwyder van die hitte en roer die sjokolade en kakao by. Roer tot glad.
  3. Voeg die kondensmelk en vanieljegeursel by en meng goed. Laat effens afkoel.
  4. Klits die orige room styf en vou dit by die kondensmelkmengsel. Skep in ’n vrieshouer.
  5. Laat vries tot hard. Roer ’n paar keer tydens die vriesproses om die kristalle op te breek.
  6. Sit voor met neutkaramel (resep onder).

NEUTKARAMEL

250 ml (1 k) suiker

125 ml (½ k) water

30 ml (2 e) gouestroop

100 g grondbone

  1. Verhit die suiker, water en stroop in ’n pan tot die suiker opgelos het. Roer tot voor die mengsel kook om seker te maak al die suiker het opgelos.
  2. Laat kook sonder om te roer tot dit ’n ligte karamelkleur het.
  3. Sprinkel die neute op ’n gesmeerde bakplaat. Giet die stroop oor en laat hard word.
  4. Breek in stukke en sit voor saam met die roomys.