Lewer 1 koppiekoekie

Bereiding: 5 minute

Baktyd: 3 minute

60 ml (¼ k) koekmeel

60 ml (¼ k) suiker of versoeter

30 ml (2 e) kakao

2 eierwitte, effens geklits

45 ml (3 e) vetvrye melk

45 ml (3 e) appelmoes

1 ml (¼ t) vanieljegeursel

versiersuiker, kakao of gesmelte sjokolade vir afronding (opsioneel)

Spuit ’n groot koffiekoppie met kossproei.

  1. Skep die meel, suiker of versoeter en kakao in die koppie en meng goed.
  2. Voeg die eierwitte by en meng goed.
  3. Voeg die melk, appelmoes en vanieljegeursel by en meng goed.
  4. Mikrogolf 3 minute op hoog tot dit effens van die kante wegtrek.
  5. Laat effens afkoel en sif ’n bietjie versiersuiker of kakao oor of smeer die gesmelte donkersjokolade oor indien verkies.