1. Karamelmelkskommel: Skep ’n groot skep karamelkondensmelk onder in ’n glas, maak vanieljeroomys met melk sagter en giet bo-oor.
  2. Kitsversiersel: Meng ’n blik karamelkondensmelk met 180 ml (¾ k) geklopte room en gebruik vir ’n vinnige versiersel vir sjokoladekoek.
  3. Vinnige appeltert: Rol skilferkors dunner uit, druk die kante effe op om ’n rand te vorm, smeer die binnekant met karamelkondensmelk, sny groen appels in dun skyfies en pak bo-op. Sprinkel ’n bietjie bruinsuiker oor en bak teen 200 °C in die oond tot die skilferkors gaar en uitgepof is. Sit voor met room.

Deur Carmen Niehaus

Kosredakteur: Huisgenoot & YOU