Basiese resep vir meringue:

  1. Klits 4 eierwitte saam en voeg geleidelik 250 ml (1 k) strooisuiker en ’n knippie elk kremetart en sout by tot die meringue styf en glansend is.
  2. Smeer die meringue om geposjeerde vrugte soos nektariens of pere. Plaas op ’n bakplaat en bak sowat 40 minute teen 120 °C tot gaar. Skakel oond af en laat in die oond afkoel.
  3. Skep 2 rowwe sirkels meringue op 2 uitgevoerde bakplate wat met mielieblom gestuif is en bak 40 minute of tot gaar. Laat in die oond afkoel en plaas op mekaar met styfgeklopte room. Skep grenadellapulp bo-oor.
  4. Mini-pawlowa: Skep groot hope meringue op uitgevoerde bakplate wat met mielieblom bestuif is en bak 40 minute tot gaar. Laat in die oond afkoel. Maak ’n puree van bessies, ’n bietjie suiker en ’n paar druppels balsemieke asyn. Skep oor die pawlowas en rond af met vars bessies.

carmenafter picsDeur Carmen Niehaus – kosredakteur Huisgenoot & YOU