Gebruikers van sosiale media is mal oor hierdie drie-bestanddeel-, Japannese soufflé-kaaskoek.

Meer as 2 miljoen mense het al die slim, kort video gekyk wat deur die Japannese YouTube-gebruiker Ochikeron gelaai is.

In die stap-vir-stap tutoriaal word verduidelik hoe om die luukse-lekkerny, ook bekend as Japannese katoenkaaskoek, te skep. Net eiers, witsjokolade en roomkaas word gebruik.

Bestanddele

  1. 3 eiers
  2. 120 g witsjokolade
  3. 120 g roomkaas

Kyk die video oor hoe om dit te berei:

LET WEL: Hierdie is nie 'n Huisgenoot-resep nie en ons het dit nie self op die proef gestel nie.