LEWER 20-24 BLOKKIES

Bereiding: 20 minute

Baktyd: 35 minute

KORS

250 ml (1 k) suiker

125 g margarien

2 eiers

500 ml (2 k) bruismeel

knippie sout

125 ml (½ k) melk

BOLAAG

250 g dadels, in stukkies gesny

4 piesangs, in skyfies gesny

30 ml (2 e) gesmelte botter

kaneelsuiker

Verhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bakplaat van 28 x 23 cm

  1. KORS Klits die suiker en margarien saam. Voeg die eiers by en klits goed.
  2. Geur die bruismeel met die sout. Voeg dit om die beurt met die melk by die eiermengsel en meng goed tot ’n stywerige deeg. Druk die helfte van die deeg in die bakplaat vas.
  3. BOLAAG Sprinkel die dadels en piesangs oor die kors. Bedek met res van die deeg en bak sowat 35 minute of tot gaar.
  4. Smeer met die gesmelte botter en sprinkel kaneelsuiker oor.