LEWER 6 GLASE

Bereiding: 30 minute

Verkoeltyd: 1 uur

500 ml (2 k) room, verkoel

1 blik (360 g) karamelkondensmelk

2 pakke (200 g elk) Tennisbeskuitjies, fyn gemaak

4 Crunchie-sjokolades, grof gekap

  1. Klits die room styf en vou die karamelkondensmelk versigtig in.
  2. Pak ’n laag Tennisbeskuitjies in elke glas, gevolg deur ’n laag Crunchies en die karamelmengsel.
  3. Laat 1 uur in die yskas afkoel voor dit voorgesit word.

WENK

Vervang die Crunchies met Peppermint Crispsjokolade.