LEWER 1 TERT VAN 24 CM

Bereiding: 30 minute

Verkoeltyd: 1 uur

500 g Cremorapoeier

250 ml (1 k) yswater

2 blikke (285 g elk) kondensmelk

250 ml (1 k) suurlemoensap

1 pak (200 g) Tennis-beskuitjies

fyngemaakte aarbei vir afronding

  1. Skep die Cremora in ’n mengbak en voeg die yswater by.
  2. Klits goed en voeg die kondensmelk by. Hou aan klits tot die mengsel glad is.
  3. Voeg die suurlemoensap bietjie vir bietjie by tot al die suurlemoensap bygemeng is en die mengsel verdik het.
  4. Voer die basis van ’n tertbak van 24 cm met die beskuitjies uit. Hou ’n paar beskuitjies eenkant. Skep die vulsel oor die beskuitjies.
  5. Druk die ekstra beskuitjies fyn en strooi dit bo-oor die vulsel. Skep ’n paar lepels fyngemaakte aarbeie bo-op.
  6. Plaas minstens 1 uur in die yskas en sit voor

WENK

Maak soos ons en brand die tert liggies met ’n kombuis-blaasvlam om dit feestelik te laat lyk.