Die gladde, romerige kern met ’n botterige kors en bros karamel bo-oor is volmaaktheid in die vorm van ’n tertjie.

Lewer 6

Bereiding: 10 min.

Verkoel: 30 min.

Gaarmaak: 35 min.

500 ml (2 k) meel

80 ml (? k) versiersuiker, gesif

125 g botter

1 eier

Vla

4 eiers, geskei

60 ml (4 e) strooisuiker

500 ml (2 k) room

5 ml (1 t) vanieljegeursel

125 ml (½ k) strooisuiker vir bestrooi

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 6 tertjiepanne.

  1. Deeg: Verwerk die meel, versiersuiker en botter in ’n voedselverwerker tot die mengsel na fyn broodkrummels lyk. Voeg die eier by en verwerk sodat ’n deeg vorm. Vou die deeg in plastiek toe en verkoel dit 30 min. in die koelkas.
  2. Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is tot sowat 3 mm dik en druk dit in die tertjiepanne. Blindbak 8 min. of tot goudkleurig.
  3. Vla: Klits die eiergele en suiker saam tot lig en donsig. Verhit die room in ’n pot tot dit amper kook. Voeg die room geleidelik by die eiermengsel terwyl jy ná elke byvoeging goed klits. Hou sowat 3 min aan meng.
  4. Voeg die vanieljegeursel by, giet dit in die tertjiedoppe en bak 20 min. of tot effens geset. Haal uit die oond en laat afkoel.
  5. Voorverhit die rooster op hoog. Wanneer die tertjies heeltemal afgekoel het, strooi strooisuiker oor elkeen en sit 2 min. in die oond of tot goudkleurig bo-op.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan