Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 minute

Baktyd: 30 minute

500 ml (2 k) dubbelroom

250 ml (1 k) melk

2 kaneelstokkies

6 eiergele

125 ml (½ k) strooisuiker

5 ml (1 t) vanieljegeursel

BOLAAG

90 ml (6 e) strooisuiker

1 Voorverhit die oond tot 180 °C.

2 Verhit die room, melk en kaneel oor matige hitte in ’n kastrol. Klits intussen die eiergele en suiker tot liggeel. Voeg die vanieljegeursel by.

3 Wanneer die melkmengsel byna kook, verwyder van die hitte en skep lepels vol in die eiermengsel terwyl jy klits.

4 Giet die vla deur ’n sif en in 6 oondvaste koppies of bakkies.

5 Plaas die koppies of bakkies in ’n bakpan halfvol kookwater en bak 30 minute tot gestol. Verwyder en laat afkoel.

6 Bolaag Wanneer afgekoel, strooi 15 ml (1 e) strooisuiker oor elkeen en karamelliseer met ’n blaasvlam.

- Hope Malau