Lewer 12

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15 min.

60 ml (¼ k) strooisuiker

10 ml (2 t) kaneel

200 ml meel

5 ml (1 t) bakpoeier

15 ml (1 e) olie

250 ml (1 k) kookwater

ekstra olie vir diepbraai

SJOKOLADE-GANACHE

225 g sjokolade, gekap

250 ml (1 k) room

20 g botter

  1. Meng die suiker en kaneel en sit eenkant.
  2. Meng die meel en bakpoeier in ’n ander bak, klits die olie en die kookwater in. Hou aan meng tot ’n klewerige deeg vorm.
  3. Verhit die olie vir diepbraai in ’n pot. Skep intussen die deeg in ’n spuitsak met ’n groot sterpunt. Spuit kort lengtes deeg op ’n skinkbord uit en knip die deeg met ’n sker. Braai drie op ’n slag in die warm olie tot goudbruin. Skep met ’n gaatjielepel uit en dreineer op kombuispapier.
  4. Terwyl dit nog warm is, rol die churros in die kaneelsuiker tot goed bedek.
  5. Sjokolade-ganache: Plaas die sjokolade in ’n hittebestande bak. Verhit die room in ’n potjie oor matige hitte en laat 3 minute prut tot amper kookpunt. Giet oor die sjokolade en laat staan tot die sjokolade sag is. Voeg die botter by en roer tot glad. Laat effens afkoel en sit saam met die churros voor as doopsous.