Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 35-40 minute

1 witbrood, korsies afgesny

60 ml (¼ k) botter, gesmelt

500 ml (2 k) vars of bevrore bessies

2 Bar-One-sjokolades, in skyfies gesny

VLA

500 ml (2 k) melk

4 eiers

125 ml (½ k) suiker

sout en peper

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Verf die snye brood aan weerskante met die botter. Druk twee snye brood in twee groot of vier klein flesse. Besprinkel met ’n paar bessies en sjokoladeskyfies, druk weer twee snye brood bo-op en herhaal met die res van die bestanddele. Eindig met die bessies en sjokolade.
  2. Vla Klits al die bestanddele en giet versigtig oor die broodpoedings. Maak vol tot die brood al die vlamengsel opgesuig het.
  3. Maak ’n oondbak halfvol met kookwater, plaas die flesse versigtig daarin en bak 35-40 minute of tot die vla stol.