Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 15 min.

Rys: 1 uur

Verkoel: 30 min.

Gaarmaak: 20 min. 

500 ml (2 k) meel

100 g botter

45 ml (3 e) strooisuiker

’n knippie sout

7 g kitssuurdeeg

3 eiers

geklitste eiergeel vir glasuur

10 ml (2 t) wit suiker

SOUS

3 piesangs

15 ml (1 e) suurlemoensap

1 blik (385 g) kondensmelk

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n broodpan.
  2. Plaas die meel en botter in ’n bak en vryf met jou vingerpunte tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Roer die strooisuiker, sout en suurdeeg in.
  3. Voeg die eiers by en klits tot ’n sagte deeg vorm.
  4. Bestrooi ’n werkoppervlak liggies met meel en keer die deeg daarop uit.
  5. Besprinkel jou hande met meel, knie die deeg ’n kort rukkie om ’n bal te vorm, laat val dit in die broodpan en maak bo-op gelyk. Bedek met kleefplastiek en laat rys sowat ’n uur op ’n warm plek tot verdubbel.
  6. Verf die bokant met die geklitste eiergeel, strooi die suiker oor en bak 20 minute of tot goudkleurig.
  7. Sous: Maak twee van die piesangs met ’n vurk fyn tot glad. Roer die suurlemoensap en kondensmelk in tot goed gemeng. Verkoel 30 minute.
  8. Sny die oorblywende piesang in skywe. Rooster die brood en sit voor met die sous en piesangskywe.

Deur Hope Malau