Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Bak: 30 min.

POEDING

125 g botter

250 ml (1 k) strooisuiker

2 eiers, geklits

375 ml (1½ k) meel, gesif

1 ml (¼ t) bakpoeier

125 ml (½ k) gekapte okkerneute

2,5 ml (½ t) sout

250 ml (1 k) kookwater

250 ml (1 k) dadels, ontpit

5 ml (1 t) koeksoda

STROOP

125 ml (½ k) strooisuiker

375 ml (1½ k) water

15 ml (1 e) botter

175 ml brandewyn

5 ml (1 t) vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondvaste bak.

1. Poeding Klits die botter en suiker saam tot romerig, bleek en donsig. Voeg die eiers, gesifte meel, bakpoeier, gekapte neute en sout by. Giet die water in ’n kastrol, voeg die dadels en koeksoda by en bring tot kookpunt. Voeg by die meelmengsel terwyl jy goed roer. Keer die beslag in die bereide bak uit en bak 30 min.

2. Stroop Kook die suiker, water en botter tot stroperig. Verwyder van die hitte en voeg die brandewyn en vanieljegeursel by. Giet die warm stroop oor die gebakte poeding en los tot heeltemal ingetrek.

Deur Hope Malau

Foto’s: Megan Miller