Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 3 uur 15 min.

250 ml (1 k) meel

2,5 ml (1 t) koeksoda

2,5 ml (1 t) gemengde speserye

2,5 ml (1 t) fyn kaneel

2,5 ml (1 t) fyn gemmer

’n knippie sout

125 ml (½ k) strooisuiker

100 g botter, versnipper

180 g vrugtekoekmengsel

75 g ontpitte dadels, gekap

1 appel, gerasper

30 ml (2 e) stroopsuiker (treacle sugar)

1 eier

180 ml (? k) karringmelk

SOUS

45 ml (3 e) brandewyn

80 ml (? k) water

  1. 125 ml (½ k) suiker
  2. Sif die meel, koeksoda, speserye en sout in ’n bak en roer die suiker, botter, droë vrugte en gerasperde appel in.
  3. Meng die stroopsuiker met die eier en van die karringmelk, en meng die droë bestanddele in om ’n sagte mengsel met koekagtige samestelling te vorm.
  4. Smeer ’n emaljebak en bestrooi met meel en suiker. Skep die poedingmengsel in die bak. Draai die bak ligweg met ’n skoon afdroogdoek toe en bind dit bo-op vas.
  5. Plaas die poeding in ’n groot pot met kookwater wat die bak amper bedek. Laat prut drie uur liggies. Loer ná twee uur.
  6. Voorverhit die oond tot 180 °C. Lig die poeding uit die pot, maak die afdroogdoek los en plaas die poeding op ’n bakplaat. Bak ’n kwartier of tot die buitekant van die poeding droog is.
  7. Sous: Meng al die bestanddele in ’n klein pot en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut 5 minute of tot die suiker opgelos het. Skep dit oor die poeding sodra dit uit die oond gekom het.