Troef die somerhitte met hierdie verfrissende suigysies.

LEWER 8

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: geen

5 ml (1 t) vanieljegeursel

375 ml (1½ k) gewone jogurt

45 ml (3 e) versiersuiker

1 pynappel, geskil

5 ml (1 t) versiersuiker

  1. Voeg die vanielje by die jogurt. Voeg die versiersuiker by en roer. Sit eenkant.
  2. Verwerk die pynappel en suiker. Skep die pynappel en vanieljejogurt in lae in suigysie-vorms of miniglasies. Steek twee strooitjies of roomysstokkies versigtig in die middel van die vorms in en laat 3 uur in die vrieskas set.
  3. Verwyder die suigysies deur die vorms ’n paar sekondes in water te doop en sit dadelik voor.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers