Genoeg vir 6-8 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Vriestyd: ’n paar uur of oornag

KOFFIESTROOP

45-60 ml (3-4 e) suiker

250 ml (1 k) warm, sterk koffie

15-30 ml (1-2 e) brandewyn of

whisky (opsioneel)

SAMESTELLING

200 g (1 pak) vingerbeskuitjies

2 L (8 k) vanieljeroomys

bevrore bessies

Voer ’n broodpannetjie uit met kleefplastiek.

  1. Koffiestroop Los die suiker in die koffie op. Roer die brandewyn of whisky by indien verkies.
  2. Samestelling Maak die roomys ’n bietjie sagter. Doop die helfte van die beskuitjies in die koffiestroop en pak op die bodem van die uitgevoerde broodpannetjie.
  3. Smeer die helfte van die roomys oor. Herhaal met die res van die roomys en beskuitjies.
  4. Vou die kleefplastiek toe oor die roomys en bevries weer tot hard. Ontvorm.
  5. Sny in skywe en sit voor saam met bevrore bessies.