Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10-15 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

1 houer (250 g) bevrore gemengde bessies

15 ml (1 e) brandewyn

30 ml (2 e) suiker

1 dosie (250 ml) kitsvla

250 g mascarpone of roomkaas

6-8 gekoopte meringues, in growwe stukke gebreek

vars bessies vir voorsit (opsioneel)

  1. Meng die bessies, brandewyn en suiker en kook in ’n kastrolletjie tot sag met ’n effense stropie.
  2. Meng die vla en mascarpone tot glad
  3. Pak lae vlamengsel, meringue en bessies in glase. Eindig met ’n goeie skep meringue.
  4. Verkoel tot net voor ete.
  5. Rond af met vars bessies indien verkies.
resep vir bessie-vlapoeding