As jy dié Midde-Oosterse nagereg op die tradisionele manier wil voorsit, kan jy ’n reghoekige bak met ses stroke gebotterde velle filodeeg uitvoer, die vulsel daarop smeer en dit met nog ses velle bedek. Sny ’n diamantpatroon op die deeg uit, bak 30-40 minute en giet die stroop oor.

Maak 9 rolletjies

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 25-30 minute

1 pak of 500 g filodeeg

45 ml (3 e) botter, gesmelt

VULSEL

100 g okkerneute, gekap

50 g pistasieneute, afgedop en gekap

50 g amandels, gekap

5 ml (1 t) fyn kaneel

2 ml (½ t) gemengde speserye

50 g strooisuiker

150 g gesmelte botter

STROOP

250 ml (1 k) strooisuiker

300 ml water

sap van ½ suurlemoen

60 ml (¼ k) heuning

15-20 ml (3-4 t) rooswater

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Borsel ’n vel filodeeg met die botter. Plaas nog ’n vel bo-op en borsel ook met die botter. Sny dit in 3 gelyke stroke. Herhaal met die res van die deeg.
  2. VULSEL Meng al die vulselbestanddele, maar hou ’n paar pistasieneute eenkant.
  3. Skep ’n hopie vulsel op die punt van ’n deegstrook, vou die kante in, rol op en verseël met die botter. Herhaal met die res van die stroke deeg en vulsel.
  4. Pak die rolletjies op ’n bakplaat en bak 25-30 minute tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier en hou eenkant.
  5. STROOP Meng al die bestanddele in ’n kastrolletjie, bring tot kookpunt en laat 5 minute prut. Bedruip die rolletjies met die stroop, besprinkel met die orige pistasieneute en sit voor.