Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 30 min.

200 g amandelvlokkies

200 g pekanneute

200 g okkerneute

10 ml (2 t) fyn kaneel

5 ml (2 t) fyn gemmer

’n knippie fyn naeltjies

400 g filodeeg

100 g botter, gesmelt

STROOP

180 ml (¾ k) strooisuiker

125 ml (½ k) heuning

1 kaneelstok

skil van 1 suurlemoen

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n vierkantige bakpan van 23 cm.

  1. Verwerk die neute en speserye in ’n voedselverwerker tot die neute fyn gekap is. Sprei uit op ’n bakplaat en bak 5 minute of tot goudkleurig.
  2. Plaas ’n filovel op ’n plat oppervlak. Verf met botter en bedek met nog ’n vel. Herhaal met nog drie. Voer die bodem van die voorbereide bakpan uit met die gebotterde filovelle en strooi van die neutmengsel oor. Herhaal die lae en eindig met die laaste van die neute.
  3. Smeer en laag nog vyf filovelle en plaas oor die neute.
  4. Sny die baklava in vierkante. Druk die mengsel af in die pan en bak 25 minute of tot die deeg gaar is.
  5. Stroop: Meng die suiker, heuning, kaneel, suurlemoenskil en 250 ml (1 k) water in ’n pot oor matige hitte. Kook terwyl jy roer 3 minute of tot die suiker opgelos het. Verminder die hitte tot laag en laat prut 8 minute of tot dik.
  6. Giet die warm stroop oor die gaar baklava, laat afkoel en sit koud voor.