1. Smeer 4 velle filodeeg met gesmelte botter; besprinkel elk met bruinsuiker, kaneel en gekapte pekanneute. Plak tweetwee opmekaar. Halveer.
  2. Meng 2 blikke (400 g) tertappels met 60 ml (¼ k) bruinsuiker, 125 ml (½ k) rosyntjies en 5 ml (1 t) gerasperde suurlemoenskil. Skep ’n lepel vol op die punt van een reep; vou op soos ’n samoesa.
  3. Smeer met botter, sprinkel bruinsuiker oor en bak sowat 20 min. by 180 °C