Koel af met hierdie heerlik verfrissende sorbet.

Bereiding: 3 uur 45 min.

Gaarmaak: 15 min.

Genoeg vir 4-6 mense

1 kg groen appels

60 ml (¼ k) strooisuiker

sap van 1 suurlemoen

60 ml (¼ k) appelsap

  1. Ontkern die appels en sny in skywe. Plaas die skywe in ’n kastrol oor matige hitte saam met die suiker en 125 ml (½ k) water. Laat prut 15 minute of tot die appels sag is.
  2. Laat die appels afkoel en keer dit dan in ’n verwerker uit saam met die suurlemoensap. Verwerk tot glad en roer die appelsap in.
  3. Plaas in ’n vrieskasbestande bak en vries 2 uur. Vlok die sorbet met ’n vurk om die yskristalle te breek.
  4. Vries weer ’n uur en vlok dan weer. Sit 30 minute in die  yskas terug en sit dan voor.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander