Deur Alida van der Walt, YOU-wenresep vir 1 Augustus 2013

Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 25-30 minute

500 g appelliefies

60 ml (1/4 k) bruinsuiker

45 ml (3 e) louwarm water

60 ml (1/4 k) botter

60 ml (1/4 k) strooisuiker

1 eier

250 ml (1 k) bruismeel, gesif

1 ml (1/4 t) sout

120 ml (1/2 k) melk

Voorverhit die oond teen 180 °C. Spuit ’n 20 x 20 cm-pan met kleefwerende sproei.

  1. Voer die bodem van die bak met die appelliefies uit.
  2. Los die bruinsuiker in die water op en giet oor die appelliefies.
  3. Klits die botter en strooisuiker tot lig, voeg die eier by en klits tot dit met die botter gemeng is.
  4. Voeg die meel en sout om die beurt met die melk by en klop goed.
  5. Giet die mengsel oor die appelliefies en bak 25 tot 30 minute, tot die kors goudbruin is. Sit voor met room, roomys of vla.