Jill van Graan van Benoni het hierdie resep met ons gedeel. 

Lewer 24 stafies

Bereiding: 20 minute

Baktyd: 30-35 minute

KORS

225 g bruismeel

10 ml (2 t) bakpoeier

2 ml (½ t) sout

50 g sagte margarien

25 g strooisuiker

160 ml (²/³ k) melk

BOLAAG

50 g margarien

50 g sagte bruinsuiker

45 ml (3 e) gouestroop

100 g semelbeskuitjies, gekrummel

10 ml (2 t) suurlemoensap

2 ryp piesangs, geskil en in skyfies gesny

1 blik (410 g) appelkooshalwes, gedreineer

10 ml (2 t) appelkooskonfyt

  • Voorverhit die oond tot 180 °C
  • Smeer ’n bakplaat van 25 x 16 cm

  1. KORS Sif die meel, bakpoeier en sout saam Vryf die margarien in en meng die suiker by. Voeg die melk by en meng tot ’n deeg.
  2. Rol ligweg uit tot die grootte van die bakplaat en plaas op die bakplaat.
  3. BOLAAG Smelt die margarien, suiker en stroop saam en roer die beskuitjiekrummels by.
  4. Smeer die mengsel oor die deeg in die pan.
  5. Giet die suurlemoensap oor die piesangskyfies.
  6. Rangskik die appelkooshalwes en piesangskyfies op die gemmerkors. Bak 30-35 minute of tot die kors gaar is.
  7. Verhit die appelkooskonfyt en smeer oor die appelkose en piesang. Sny in blokkies