Genoeg vir 6-8 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 40 minute

250 g spekvleis, gekap

2 rooi-uie, in skywe gesny

2 knoffelhuisies, fyngedruk

2 kg aartappels, geskil, in wiggies

gesny en effens gekook

sout en peper 250 ml (1 k) room 50 g parmesaankaas, gerasper Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n oondvaste bak.

  1. Braai die spekvleis tot bros en hou eenkant.
  2. Braai die uie en knoffel in dieselfde pan tot gaar en hou eenkant.
  3. Geur die aartappels goed met sout en peper.
  4. Pak die aartappels, spekvleis en uiemengsel om die beurt in lae in ’n oondbak.
  5. Giet die room oor en sprinkle die kaas oor.
  6. Bak 20-30 minute of tot die aartappels goudbruin en deurwarm is.
Sit voor as bygereg by braaivleis Probeer dalk hierdie resepte saam met dit: