LEWER 1 TERT VAN 23 CM

Bereiding: 30 minute

Verkoeltyd: 3 uur

KORS

1 pak (200 g) Tennis-beskuitjies,

fyn gedruk

100 g botter, gesmelt

VULSEL

25 ml (5 t) gelatien

200 ml water

1 blik (385 g) kondensmelk

60 ml (¼ k) suurlemoensap

250 ml (1 k) room

250 g gladde maaskaas of roomkaas

250 g vars aarbeie

Smeer ’n tertbak van 23 cm.

  1. KORS Meng die beskuitjies en botter goed. Druk vas teen die boom en rande van die tertbak en plaas in die yskas om styf te word.
  2. VULSEL Spons die gelatine 1 minuut in die water en smelt 30 sekondes of tot helder in die mikrogolfoond.
  3. Meng die kondensmelk, suurlemoensap, room, kaas en opgeloste gelatien goed.
  4. Kap driekwart van die aarbeie grof en roer by die kondensmelkmengsel in.
  5. Skep die mengsel op die tertkors. Sny die orige aarbeie in skyfies en rangskik bo-op die tert.
  6. Laat die tert 3 uur in die yskas stol en sit voor.