Genoeg vir 2 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 3 minute

POEDING

60 ml (4 e) koekmeel

60 ml (4 e) suiker

30 ml (2 e) kakao

knippie sout

1 eier, geklits

45 ml (3 e) melk

45 ml (3 e) olie

45 ml (3 e) sjokoladesplinters

1 ml (¼ t) vanieljegeursel

OPDIENING

Roomys

Kakao om bo-oor te sprinkel

  1. POEDING Neem 2 teekoppies met ’n inhoudsmaat van 250 ml. Skep die helfte van al die droë bestanddele in elkeen van die koppies en meng goed met ’n lepel. Voeg die helfte van die eier by elk en meng goed.
  2. Voeg die helfte van die melk en olie by elk en meng goed.
  3. Voeg die sjokoladesplinters en vanieljegeursel by en meng goed.
  4. Plaas die twee koppies saam in die mikrogolfoond en mikrogolf 3 minute teen 100 persent krag.
  5. OPDIENING Maak liggies om die kante los en keer op 2 bordjies om. Plaas ’n skeppie roomys bo-op elkeen en sif ’n
  6. bietjie kakao oor.