Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 10 min.

8 tortillas

100 g maaskaas

250 g cheddar, gerasper

2 tamaties, gekap

1 groen soetrissie, gekap

1 rooi brandrissie, gekap

100 g ham, gekap

10 ml (2 t) olie

  1. Smeer weerskante van die tortillas met maaskaas.
  2. Bedek elkeen van die vier tortillas met 125 ml (½ k) kaas, ’n hand vol tamatie, soetrissie, brandrissie en ham. Verf die rande van die tortillas met water. Bedek met die oorblywende tortillas en druk die kante om dit te verseël.
  3. Olie ’n pan liggies oor matige hitte. Verf die bokante van die quesadillas met die olie. Plaas die quesadillas met die oliekant na onder op die pan. Verf die ander kant van die quesadillas met die olie.
  4. Braai 5 min. of tot die kaas gesmelt het en keer die quesadillas een keer om halfpad deur die braaityd. Verwyder die quesadillas uit die pan en laat staan 2 min.
  5. Sny elke quesadilla in 4 wiggies.


Deur Hope Malau

Video: Jacques Stander