Lewer 30 pannekoeke
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 5 min.


500 ml (2 k) meel, gesif
10 ml (2 t) bakpoeier
125 ml (½ k) strooisuiker
2 eiers
500 ml (2 k) melk
80 g botter, gesmelt
vars vrugte, vir voorsit
esdoringstroop


1.    Plaas die meel, bakpoeier en suiker in ’n bak en maak ’n holte in die middel.
2.    Meng die eier, melk en botter en giet dit geleidelik in die holte in en klits tot glad.
3.    Verhit ’n liggies gesmeerde kleefwerende pan oor lae hitte. Skep 60 ml (¼ k) van die mengsel in die pan en braai 2 min. of tot borrels op die oppervlak vorm.
4.    Keer om en bak nog 1 min. Herhaal met die oorblywende mengsel.
5.    Pak die pannekoeke in hopies op individuele borde, bedek met vars vrugte en bedruip met stroop.


Wenk: Halveer die bestanddele om 15 pannekoeke pleks van 30 te bak

Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander