Bereiding: 5 minute

Kooktyd: 30 minute

Genoeg vir 6 mense

15 ml (1 e) botter

2 uie, gekap

4 knoffelhuisies, gekap

3 aartappels, in blokkies gesny

250 ml (1 k) groente-aftreksel

400 g spinasie, gesnipper

15 ml (1 e) fyn neutmuskaat

5 ml (1 t) fyn piment

80 ml (? k) room

sout en peper na smaak

Verhit die botter in ’n groot kastrol en soteer die uie en knoffel 4 minute of tot deursigtig.

Voeg die aartappelblokkies by en roer vyf minute terwyl jy die groente-aftreksel byvoeg.

Laat prut tot sag.

Voeg die helfte van die spinasie en die speserye by en kook 2 minute of tot die spinasie verlep is.

Plaas in ’n voedselverwerker, voeg die res van die spinasie en die room by en verwerk tot ’n puree.

Voeg sout en peper na smaak by en sit voor.

Volg Huisgenoot op Twitter.