Bereiding: 10 minute

Baktyd: 30 minute

Genoeg vir 3 mense

250 ml (1 k) rys, afgespoel

410 g (1 blikkie) sampioenstukkies en -stingels

410 g (1 blikkie) geroomde sampioen

3 tjops

sout en peper na smaak

koljander vir garnering

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Plaas die rys, sampioenstukkies met vloeistof en geroomde sampioen in ’n oondskottel.

Verbruin die tjops oor hoë hitte in ’n gesmeerde kleefvrye pan vir drie minute aan elke kant en plaas by die rys in die oondskottel.

Geur met sout en peper.

Plaas in die oond en stowe 30 minute tot die rys gaar is.

Versier met koljander en sit voor.

Volg Huisgenoot op Twitter.