Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 50 min.

400 g bredielamsvleis, in blokkies gesny (ghoelasj)

sout en peper

15 ml (1 e) olyfolie

1 ui, in fyn skywe gesny

2 knoffelhuisies, fyn gekap

3 cm vars gemmer, fyn gekap

10 ml (2 t) Marokkaanse speserymengsel

250 g basmatirys

500 ml (2 k) hoenderaftreksel

1 x 400 g-blik keker-ertjies, gedreineer

’n klein hand vol pietersielie, gekap

  1. Geur die vleis met die sout en peper. Verhit die olie in ’n wye, diep braaipan oor hoë hitte. Voeg die vleis by en braai in sarsies tot goudbruin. Skep die vleis op ’n bord uit en sit eenkant.
  2. Braai die ui in dieselfde pan oor matige hitte tot sag. Voeg die knoffel, gemmer en Marokkaanse speserye by en braai 2 min.
  3. Keer die rys in en roer om met die olie te bedek. Skep die lamsvleis terug in die pan. Voeg die aftreksel by en roer goed terwyl jy dit tot kookpunt bring. Sit ’n deksel op, stel die hitte op laag en laat prut 30 min.
  4. Roer die keker-ertjies in en verhit ’n paar minute tot deurwarm. Strooi die pietersielie oor en sit voor.

Deur Hope Malau

Foto’s: Megan Miller