Rustyd: 1 uur 30 minute

Bereiding: 30 minute

Baktyd: 25 minute

Genoeg vir 6 of meer mense

Brood

500 ml (2 k) broodmeel

’n knippie sout

7 ml (1½ t) suurdeeg

30 ml (2 e) suiker

30 ml (2 e) olie

250 ml (1 k) warm water

Vulsel

300 g beesfilet

250 g sampioene

375 ml (1½ k) pikantrissies

1 avokado, in skywe gesny

4 bete, gekook en in skywe gesny

Braaisous

45 ml (3 e) suurlemoensap

30 ml (2 e) braaispesery

2,5 ml (½ t) fyn mosterdpoeier

250 ml (1 k) Coke

45 ml (3 e) worcestersous

45 ml (3 e) blatjang

5 ml (1 t) knoffel

Meng die meel, sout, suurdeeg en suiker in ’n bak.

Voeg dan die olie en water by en meng goed.

As die deeg ’n bietjie styf lyk, voeg 15 ml (1 e) water by.

Plaas dit dan op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en knie.

Wanneer dit glad is, plaas dit in ’n geoliede bak.

Laat rys 1 uur tot dubbel die grootte.

Smeer ’n bakplaat.

Druk die deeg plat en vorm dit dan in ’n bal.

Plaas dit op die voorbereide  bakplaat en op ’n warm plek vir 30 minute of tot dit dubbel die grootte gerys het.

Bak 25 minute of tot goudbruin en gaar in die middel.

Braaisous

Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker en verwerk tot dik en glad.

Laat marineer die vleis 30 minute in die sous.

Vulsel

Sny die bokant van die brood oop en hol die binnekant uit.

Sny die sampioene en braai in ’n kastrol tot goudbruin.

Panbraai die gemarineerde vleis en sny dit dan in dun skywe.

Pak lae pikantrissies, vleis, avokado en dan beet in die binnekant van die brood.

Druk die vulsel af en bedek dit met die uitgesnyde brood.

Sny in skywe.

- Hope Malau