Genoeg vir 4 mense

Bereiding: sowat 25 minute

Gaarmaaktyd: sowat 20-25 minute

HOENDERBORSIES

5 ml (1 t) borrie

5 ml (1 t) kerriepoeier

5 ml (1 t) fyn koljander

5 ml (1 t) fyn komyn

80 ml meel

sout en vars gemaalde swartpeper

1 rissie, fyn gekap (opsioneel)

30 ml (2 e) koljanderblare, gekap

4 hoenderborsies, sonder vel en been

olie vir vlakbraai

TZATZIKI

1 klein komkommer, gerasper

250 ml (1 k) natuurlike jogurt

4 knoffelhuisies, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

BURGERS

4 broodrolletjies

blaarslaai

tamatieskywe

avokadoskywe

HOENDERBORSIES 

Meng al die bestanddele en rol die hoenderborsies in die mengsel.

Verhit die olie in ’n pan en braai die hoender tot gaar en goudbruin.

TZATZIKI 

Rasper die komkommer en roer die jogurt, knoffel, sout en peper by.

BURGERS 

Sny die broodrolletjies in die helfte deur en pak die blaarslaai, tamatie, avokadoskywe en hoenderborsies op die broodjie.

Skep die tzatziki oor die hoender en sit voor saam met aartappelskyfies

Huisgenoot 25 Augustus 2011