Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 50 min.

250 ml (1 k) natuurlike jogurt

1 groen brandrissie, fyn gekap

4 knoffelhuisies, fyn gedruk

50 g vars gemmer, gerasper

2,5 ml (1/2 t) elk fyn naeltjies, fyn kaneel, komyn en fyn koljander

750 g bredielamsvleis, in blokkies gesny (ghoelasj)

350 g basmatirys

75 g botter

2 uie, in fyn skywe gesny

5 ml (1 t) borrie

10 ml (2 t) matige kerrie

1 kaneelstok, in 3 stukke gebreek

12 kardemompeule, gekraak

gekapte vars koljander vir oorsprinkel

Voorverhit die oond tot 150 °C.

  1. Meng die jogurt, brandrissie, knoffel, gemmer, naeltjies, kaneel en die helfte van die komyn en die helfte van die koljander in ’n bak. Geur goed, voeg die vleis by en meng om te bedek. Bedek die bak, verkoel en marineer 2 uur.
  2. Bring die gemarineerde lamsvleis tot kamertemperatuur. Spoel die rys in koue water af tot die water helder loop.
  3. Verhit ’n bietjie botter in ’n wye pan oor matige hitte. Voeg die uie by en braai 15 min. terwyl jy roer. Roer die oorblywende komyn, koljander, borrie en kerrie in. Braai 1 min. en plaas eenkant.
  4. Plaas die kaneelstok, kardemompeule en ’n milde knippie sout in ’n kastrol half vol water en bring tot kookpunt. Voeg die rys by, roer en bring weer tot kookpunt. Kook 2 min., dreineer en meng die uiemengsel in.
  5. Smelt die eetlepel botter oor lae hitte in ’n diep kasserol met ’n deksel wat styf pas. Sprei ’n bietjie van die rys in ’n dun laag op die bodem van die bak uit en bedek met die helfte van die lamsvleis en marinade. Bedek met die helfte van die oorblywende rys en skep die oorblywende lamsvleis en marinade bo-op. Sprei die laaste van die rys bo-oor uit. Bedek styf met foelie en dan die deksel. Verhoog die hitte op die stoof vir 30 sek. om stoom op te bou.
  6. Bak 30 min. in die oond tot die lamsvleis en rys sag is – grawe ’n stuk lamsvleis uit om te kyk.
  7. Sprinkel die koljander oor en skep die brijani in warm opdienborde.

Deur Hope Malau

Foto’s: Megan Miller