VULSEL

15 ml (1 e) olie

2 uie, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

1 gaar hoender, gepluis

250 ml (1 k) room

125 ml (½ k) melk

15 ml (1 e) mielieblom, opgelos in

30 ml (2 e) water

sout en peper

PASTEI

250 g filodeeg

45 ml (3 e) botter

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Vulsel Verhit die olie en braai die uie en knoffel tot geurig. Voeg die hoender, room en melk by.
  2. Meng die mielieblommengsel by en laat prut terwyl aanhoudend geroer word tot verdik. Geur met die sout en peper.
  3. Pastei Plak die velle filodeeg op mekaar met botter en sit op ’n groot bakplaat.
  4. Skep die vulsel in die middel en vou die kante in.
  5. Verf met die botter en bak 15 minute tot goudbruin.

Sit voor saam met vars pietersielie.