Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 40 minute

10 ml (2 t) paprika

4 tiemietakkies

sout en peper

30 ml (2 e) olie

1 kg hoenderstukke

4 aartappels, in wîe gesny

1 Voorverhit die oond tot 200 °C.

2 Meng die paprika, tiemieblare, sout, peper en olie. Verf van die mengsel oor die hoenderstukke. Bak 30 minute in die oond.

3 Meng intussen die aartappels deur die oorblywende paprika-mengsel. Gooi op ’n bakpan uit. Voeg dit ná 10 minute by die hoender en bak die laaste 20 minute saam met die hoender.

4 Sit die hoender met die aartappelwiggies voor.

- Hope Malau