Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 min.

NEUTE

50 g pekanneute

30 ml (2 e) bruinsuiker

SLAAI

1 bol vinkel

4 hoenderborsies, gaar

en gepluis

2 lemoene, geskil en in skyfies gesny

1 bos spinasie, skoongemaak

SLAAISOUS

200 ml karringmelk

80 ml ( k) mayonnaise

sout

  1. Neute Verhit ’n pan en rooster die neute en suiker ’n paar minute tot warm en gekaramelliseer. Skep uit en laat afkoel.
  2. Slaai Sny die vinkelbol af van die steel en hou van die blaartjies vir die slaaisous. Sny die vinkelbol in skyfies.
  3. Pak die vinkel, hoender, lemoene en spinasie op ’n slaaibord.
  4. Slaaisous Meng die karringmelk en mayonnaise. Kap van die vinkelblaartjies fyn en meng by die sous in.
  5. Geur met die sout.
  6. Giet die slaaisous oor die slaai en sprinkel die neute oor.