Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Baktyd: 30 minute

500 ml (2 k) meel

45 ml (3 e) paprika

10 ml (2 t) bakpoeier

15 ml (1 e) braaispesery

sout en peper

8 hoenderstukke

2 eiers

125 ml (½ k) melk

50 g botter, gesmelt

1.    Voorverhit die oond tot 180 °C.

2.    Meng die meel, paprika, bakpoeier, braaispesery, sout en peper in ’n verseëlbare plastieksak.

3.    Voeg die hoenderstukke in die sak, verseël en skud tot al die hoender goed bedek is. Verplaas na ’n bakplaat en sit 10 minute eenkant.

4.    Klits die eiers en melk in ’n plat bak. Doop die hoenderstukke in die mengsel en gooi hulle dan weer in die meelmengsel in die plastieksak om weer te bedek.

5.    Smeer ’n bakplaat en rangskik die hoender daarop wat met meel bedek is. Skep ’n bietjie van die botter oor elke hoenderstuk. Bak ’n halfuur of tot goudkleurig en deurgaar. Sit voor met slaai, rys en tuisgemaakte tamatiesous.