Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: sowat 25 minute

Staantyd: sowat 1 uur

Baktyd: 40 minute

HOENDERMAYONNAISE

30 g botter

4 ontbeende hoenderborsies

sout en gemaalde swartpeper

sap en skil van 1 suurlemoen

150-200 ml mayonnaise

1 klein ui, fyn gekap

2 groot agurkies, fyn gekap

60 ml vars pietersielie, gekap

VETKOEK

1 kg bereide brooddeeg

olie vir diepbraai

  1. HOENDERMAYONNAISE Verhit die botter in ’n pan en braai die hoenderborsies tot gaar. Geur met sout, peper, sap en suurlemoenskil.
  2. Laat die hoender heeltemal afkoel en sny in klein stukkies.
  3. Meng dit met die mayonnaise, ui, agurkies en pietersielie en hou eenkant.
  4. VETKOEK Laat die deeg sowat 20-30 minute rys.
  5. Knie die deeg op ’n meelbestrooide werkoppervlak af en vorm gholfbalgrootte-deegballetjies. Laat staan op ’n warm plek en laat rys sowat 20-30 minute.
  6. Verhit intussen die kookolie in ’n diep kastrol. Druk elke deegbal plat en bak tot goudbruin.
  7. Sny elke vetkoek oop en skep van die hoender in.