Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 8 min.

2 wortels, versnipper

? kool, versnipper

8 cm komkommer, ontpit en in linte gesny

30 ml (2 e) rysasyn

sout

2 ontvelde hoenderborsfilette

15 ml (1 e) sojasous

sesamolie

250 g murgpampoen-spaghetti

2 hande vol babaspinasie, versnipper

  1. Plaas die wortels, kool en komkommer in ’n bak. Voeg 15 ml (1 e) of die helfte van die rysasyn en ’n knippie sout by. Meng en plaas eenkant.
  2. Verhit ’n klein pan half vol kookwater. Voeg die hoenderborsies, sojasous en ’n skeut sesamolie by. Bring tot kookpunt en laat dan 8 min. of tot gaar liggies prut. Dreineer en laat afkoel.
  3. Klits die oorblywende rysasyn en 30 ml (2 e) water saam om ’n dun sous te maak.
  4. Versnipper die hoender en voeg by die groentes saam met die murgpampoen-spaghetti en spinasie. Giet die sous oor en meng alles deeglik.

Deur Hope Malau

Foto’s: Jacques Stander