Genoeg vir 4-6 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Marineringstyd: 30 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

HOENDER

30 ml (2 e) tandoori-pasta

125 ml (½ k) laevetjogurt

500 g hoenderfilette, in repe gesny

SOUS

15 ml (1 e) tandoori-pasta

15 ml (1 e) garam masala

15 ml (1 e) heuning

1 ui, in kwarte gesny

1 blik (410 g) heel tamaties

1 blik (400 ml) klapperroom

5 ml (1 t) fyn koljander

5 ml (1 t) borrie

1 brandrissie

1 bossie koljander

VIR AFRONDING

15 ml (1 e) olie

vars koljander vir garnering

1.     Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bakplaat met olie.

2.     Meng die tandoori-pasta en jogurt in ’n bak, voeg die hoenderrepe by en meng goed. Bedek en marineer 30 minute in die yskas.

3.     Verplaas die hoender na die bakplaat en rooster 10 minute in die oond. Sit eenkant.

4.     Meng die sousbestanddele in ’n voedselverwerker tot glad.

5.     Verhit die olie in ’n groot kastrol, voeg die hoender en sous by en laat prut 10 minute of tot die sous verdik oor lae hitte.

6.     Sit voor met basmatirys of roti’s en garneer met vars koljander net voor jy dit voorsit.