GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

1 middelslag-ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

olyfolie

700 g hoenderborsfilette, in blokkies gesny

sout

30 ml (2 e) hoendermasala

250 g sampioene

250 ml (1 k) Griekse jogurt

20 ml (4 t) koekmeel

6-8 pitas of tortillas

6-8 slaaiblare

2 groot tamaties, in skywe gesny

koljanderblare

  1. Roerbraai die ui en knoffel in ’n bietjie verhitte olie tot sag.
  2. Geur die hoender met sout en masala en voeg by. Roerbraai tot effens bruin.
  3. Voeg die sampioene by en roerbraai tot sag.
  4. Roer die jogurt by en verhit tot dit kook. Verdik die sous met meel wat met water tot ’n pasta aangemaak is indien nodig.
  5. Verhit die tortillas effens en rangskik die blare en tamatie daarin. Voeg ’n goeie skep hoender op elkeen by en rond af met koljanderblare. Rol op.