Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

VULSEL

4 hoenderfilette, in repies gesny

sout

olie

5 ml (1 t) sojasous

15 ml (1 e) terijakisous

300 g groen en rooi kopkoolmengsel

45 ml (3 e) soet brandrissiesous

kojanderblare, gekap

geroosterde sesamsade

4-6 tortillas

  1. Geur die hoender met die sout.
  2. Verhit ’n bietjie olie en roerbraai die hoender effens.
  3. Giet die soja- en terijakisous oor en roerbraai tot byna sag.
  4. Voeg die koolmengsel by en roerbraai tot net sag maar nog baie bros.
  5. Voeg die brandrissiesous by en meng deur.
  6. Sprinkel die koljanderblare en sesamsade oor.
  7. Verhit die tortillas in ’n warm pan tot sag.
  8. Skep van die vulsel op elke tortilla en rol op.